Hermanusdoorns

 

 

 

REëLS VAN DIE PLAAS  

 

1.     Huishulp  kan deur die plaasbestuur gereël word indien verlang.     

2.     Plaas afval in plastiek sakke in asblikke vir maklike verwydering. Twee aparte asblikke moet gebruik word. Een vir blikkies en glas en die ander vir brandbare afval.   

3.    Geen onvergeselde gaste word op die plaas toegelaat nie. ‘n Aandeelhouer of verteenwoordigde van ‘n aandeelhouer moet ten alle tye teenwoordig wees. Aandeelhouers is verantwoordelik vir die gedrag van hul gaste.  

4.    Geen troeteldiere word toegelaat nie.   

5.    Geen vure mag sonder toesig wees nie.   

6.    Harde musiek is ontoelaatbaar.  

7.    Respekteer die eiendom van ander aandeelhouers.   

8.    Respekteer die privaatheid van ander aandeelhouers.    

9.    Moenie diere jaag of skrikmaak nie.    

10. Vermy skerp ligte in diere se oë gedurende nag-ritte.    

11. Bring siek en beseerde diere onder die plaasbestuurder se aandag.    

12. Vermy die sinnelose dood maak van reptiele en insekte.    

13. Voertuie moet op paaie bly en mag nie in die veld ry nie.    

14. Vure mag nie in die veld gemaak word nie.    

15. Miskruiers beskik oor die eer van die pad.    

16. Geen hout mag opgetel word nie. Hout vir braai doeleinde kan by die snoepie gekoop word.    

17. Moenie water mors nie.    

18. Hou gedurig by die spoedbeperking.    

19. Motorfietse, driewiel motorfietse en knor tjorre word nie toegelaat nie.    

20. Vuurwapens mag nie gebruik word nie behalwe in noodgevalle of soos toegestaan deur die direksie.    

21. Moenie afval rond strooi nie.    

22. Bome en plante mag nie beskadig word nie.   

23. Wees op die uitkyk vir veldbrande.    

24. Peutering aan elektriese sub-stasies en bedrading is ontoelaatbaar.    

25. Aandeelhouers is ten alle tye verantwoordelik vir die in- en uitgaan van hul gaste.    

26. Peuter aan die elektroniese hek sal nie geduld word nie. Indien u probleme met die hek ondervind roep die bestuurder d.m.v die interkom.    

27. Karavane moet in toe motorhuise parkeer word en mag nie as tuistes vir inwoners of gaste gebruik word nie.    

28. Alle voertuie wat op die plaas gebruik word, behalwe vir vervoer vanaf die hek na tuiste, moet by die plaasbestuurder geregistreer wees en moet oor registrasie by die owerhede beskik.    

29. Gebruik van private kragopwekkers word NIE toegelaat nie.    

30. Swem, sowel as in die water speel by Waterbok Pan word nie toegelaat nie.    

31. Niemand mag deur ‘n voertuig op ‘n plank of enige and voorwerp getrek word nie.